top of page

Laerskool BREDASDORP Primary School



Tweekamp
Die rede en doel vir tweekamp by ons skool, is om elke leerder of kind holisties te ontwikkel en sowel hardwerkendheid, uithouvermoë na te streef, tweekamp bestaan uit twee sportsoorte naamlik swem en atletiek.
​
Wanneer dit by hierdie uitdagende sportsoort kom, is Laerskool Bredasdorp se atlete so tuis soos visse in die water en soos springbokke op die atletiekveld.
​
Bestaande uit twee afdelings, naamlik swembadswem (50m of 100m) en baanhardloop (400 tot 800m), is tweekamp ’n opwindende sportsoort waar atlete se uithouvermoë in die swembad sowel as op die atletiekbaan tot die uiterstes getoets word.
bottom of page