Laerskool BREDASDORP Primary School








Swem
Hier by Laerskool Bredasdorp is ons bevoorreg om ons eie 23-meter swembad te hê.
Ons wil graag elke BD aanmoedig om te leer swem, aan galas deel te neem en swemprestasies te behaal.
​
Tydens die eerste en vierde kwartaal vind swemafrigting plaas. Daar word voorsiening gemaak vir waterveiligheid (vlak 1), beginners (vlak 2), gevorderdes (vlak 3) en swemspanne (vlak 4).
​
Tydens die eerste kwartaal vind die interhuisgala plaas. Hier word elke BD die geleentheid gegee om deel te neem. Die skoolspan word volgens die uitslae saamgestel vir die daaropvolgende jaar. Die span kry geleentheid om aan verskillende galakompetisies deel te neem.
​
Die verskillende grade kry ook tydens LO-periodes geleentheid om te swem. Daar is ook ‘n program vir senior swemveiligheid by Laerskool Bredasdorp.
​
Vlak 1 maak meestal gebruik van die klein swembadjie.