Laerskool BREDASDORP Primary School








Tennis
Laerskool Bredasdorp is bevoorreg om talle tennisgroepe vanaf Graad R tot Graad 7 te hê.
​
Graad R-2 oefen direk na skool in hulle graadgroepe. Daar is ook ‘n ontwikkelingsgroep wat meer gevorderd is. Hierdie leerders neem ook aan verskeie rooikoltennistoernooie deel.
​
Graad 3-7 se tennisspelers word tans verdeel in 7 groepe. Hierdie spelers word blootgestel aan basiese vaardighede vir die beginners, terwyl spelers wat wedstrydgereed is kans kry om teen ons buurskole te speel.
​
Ons eerstespan neem ook aan verskeie toernooie deel en vaar telkens besonder goed.​
​
Ons skool lewer elke jaar talle Overberg-, Boland Platteland- en Wes-Kaap Kavalierspelers op. Hierdie is ‘n prestasie waarop ons baie trots is.
​
Laerskool Bredasdorp bied ook ons eie tennistoernooi in Februarie aan waaraan verskeie spanne van oor die Wes-Kaap deelneem. Hierdie toernooi is ‘n gesogte datum op die tenniskalender.
​
Ons streef daarna om tennis uit te bou, aangesien dit ‘n sport is wat jy vir die res van jou lewe kan beoefen. Dit verg ook die aanleer van selfdissipline en positiewe gedagtes, vaardighede wat oral in die lewe van toepassing is.
Wie wil nou nie die volgende Federer of Nadal wees nie?!