top of page
CULTURE

At Bredasdorp Primary School, we believe that cultural activities play an important role in developing learner’s confidence, creativity and ability to express themselves. Our cultural programme provides learners with opportunities to discover and develop their unique talents while also cultivating an appreciation for the arts and culture.

​​

Learners can participate in a wide range of cultural activities that help them develop their skills and express themselves with confidence. These include public speaking and debating, where learners learn to communicate their ideas clearly and confidently. Drama and acting allow learners to use their imagination and bring stories to life in creative ways.

​​

Musikale talent word ook sterk aangemoedig deur sang, hetsy as deel van ’n koor of as individuele optredes. Dans en beweging bied aan leerders ’n dinamiese manier om hulself uit te druk, terwyl musiek, beide instrumentaal en vokale kuns, verdere geleenthede bied vir artistieke groei.

​​

Leerders met ’n liefde vir taal en kreatiwiteit kan hulself uitleef deur skryfwerk, soos poësie, stories en kreatiewe skryfwerk. Visuele kunste, insluitend teken, verf en handwerk, bied ’n platform vir leerders om hul idees en kreatiwiteit visueel uit te druk.

​​

Laerskool Bredasdorp vier ook kultuur deur kultuuraande, uitstallings en optredes, waar leerders hul talente aan die skoolgemeenskap kan wys. Verder vorm skoolfunksies en seremonies ’n belangrike deel van ons kultuurlewe en bied dit aan leerders die geleentheid om trots deel te wees van die skool se tradisies.

​​
Through these activities, we aim to nurture a love for the arts and encourage every learner to develop their talents with confidence and pride.
REDENAARS

By Laerskool Bredasdorp is dit vir ons belangrik om geleenthede te skep waar ons kinders kan groei en belangrike lewensvaardighede kan opdoen. Redenaars bied ‘n platvorm waar kinders hulle kommunikasievaardighede, selfvertroue en kritiese denke kan bevorder.Leerlinge kan aan ons skool se interne kompetisie deelneem waar hulle hul passie uitleef,en ook ATKV temas gebruik.Daarna word die Top 3 ingeskryf by die ATKV kompetisie.Deur die jaar neem ons ook deel aan plaaslike kompetisies, soos by Laerskool Zoetendal sowel as Eisteddfods.

VISUELE KUNS & EKSTRA KUNSKLASSE

​Visuele kuns strek oor ‘n wye veld van kreatiewe praktyke. Ons leer ‘n verskeidenheid van tegnieke en vaardighede, basiese konsepte en hoe om onsself ekspressief uit te leef. In die kunsklas word ‘n gemaklike atmosfeer gehandhaaf waar elke leerder veilig kan voel om sy kreatiwiteit te ontwikkel. Ons leer by mekaar, respekteer mekaar se verskillende idees en ons waardeer die kuns wat gemaak word.

Die kunsklas is die ideale omgewing om probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel deur eerstehandse leerervarings. Die leerders ontwikkel die vaardighede om opbouende kritiek te kan lewer, asook om raad te kan ontvang.

Xerox Scan_110320261501101.jpg

By Laerskool Bredasdorp het ons ‘n passie vir kuns in al sy vorms en leerders geniet die kuns wat ons hier skep. Die uitleef van Bredasdorp-waardes is ‘n integrale deel van die kunsklas. Ons deel in mekaar se kreatiwiteit, terwyl ons met trots en integriteit mekaar respekteer. ​​Laerskool Bredasdorp spog met hul eie kunsopvoeder wat die visuele kuns kurrikulum deur haar bekwame aanslag lewendig maak. Sy bied ook naskoolse kunsklasse aan waar leerders die geleentheid kry om hul verbeelding verder te voed met projekte wat visuele en tasbare ervarings bied.

OUR PROUD SPONSORS

image.png
image.png
Contact Information

 

Tel: +27(0)28 424 1334 | admin@lbps.co.za

Street Address: Buitekant Street, Bredasdorp, 7280 | Postal Address: P.O. Box 160, Bredasdorp, 7280

 

Banking Details:

Bredasdorp Primary, STANDARD BANK, Nr: 083368221

Type: Business Current Account, Code: 051001

© 2026 by LAERSKOOL BREDASDORP PRIMARY

Proudly created by Laerskool Bredasdorp Primary

bottom of page