
Laerskool BREDASDORP Primary School

Graad R Tuin | Speelgronde









Ons pragtige, boomryke en goed toegeruste Graad R speelparkie is ingerig om die leerders se grootmotoriese, fynmotoriese en sensoriese vaardighede te ontwikkel. Hierdie vaardighede vorm die fondasie van suksesvolle leer en skoolgereedheid.
​
Die klimrame gee vir die kleuters die geleentheid om teen verskillende items op te klim en te klouter. Deur die gebruik van nette en pale word ‘n verskeidenheid metodes van beweeg en klouter ontwikkel. Hierdie oefeninge help ook met die stimulering van latente primatiewe reflekse in kinders. Verskillende oppervlaktes en teksture van gras help met sensoriese ontwikkeling.
​
Die ruim aangrensende speelarea gee vir die leerders die geleentheid om deel te neem aan ‘n verskeidenheid van balspele en motoriese speletjies tyd en buitespel. Die parkie is verdeel in verskillende areas wat benut word vir konstruksiespeletjies en waterspel. Die leeders leer van volume, sink en dryf en ander vaardighede. Speeltyd in die pophuis is baie gewild, hier leer hulle van deel, samewerking en respek.
​
Die samestelling van die speelpark is daarop gemik om die kind in totaliteit te ontwikkel.