top of page

Grade RR | BD LAND

IMG_0003.JPG
IMG_9704.JPG
IMG_9924.JPG
IMG_9914.JPG

Geagte Ouers

Baie dankie dat u vir Laerskool Bredasdorp, BD Land, as skool vir u kind oorweeg. Hier maak ons voorsiening vir leerders wat vyf jaar oud word in hul Graad RR-jaar. Ons skep ‘n vriendelike en stimulerende omgewing waar die leerders aangemoedig word om deur speel te leer. Ons kombineer verskeie opvoedkundige beginsels om elke leerder tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.

​

Ons verwag dat die leerders elke dag die volle dag by die skool sal deurbring. Elke dag se werk word gebaseer op die werk van die vorige dag. Ons wil u dus vriendelik vra om nie ‘n leerder onnodig uit die skool te hou nie. Indien u kind siek is en nie skool gaan bywoon nie, moet u asseblief die klasonderwyser voor 08:00 in kennis stel.

Leerders moet asseblief gemaklike klere aantrek skool toe. Let asseblief daarop dat die leerder se naam op alle kledingstukke aangebring moet word. Kosblikke, waterbottels, ens moet asseblief ook duidelik gemerk wees. Elke leerder moet asseblief ten alle tye‘n ekstra stel klere in hulle tassie hou vir die wis en die onwis.

​

Leerders mag storieboeke, ens, bring wat betrekking het op ons tema. Hulle word egter nie toegelaat om speelgoed saam te bring nie. Dit veroorsaak onenigheid onder mekaar, raak weg of breek. BD Land neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie!

​

U word versoek om GEEN lekkergoed tussen Maandae en Donderdae in die kosblik te pak nie. Droëvrugte, vars vrugte, bruin-of volgraanbrood bly ‘n gesonde hongerstiller. Vrydae is egter ons “soet” dag, waar die leerders ‘n lekkertjie kan inkry skool toe. Leerders kan op Vrydae ‘n R5 skooltoe bring vir snoepie.

BD Land.png

Ouers is welkom om verversings met verjaarsdae aan die klasmaats te voorsien. Reël asseblief vooraf met die klasonderwyser. Ongelukkig kan die klasonderwyser geen uitnodigings aan leerders uitdeel nie.

​

Die Playball-span besoek ons leerders weekliks om te help met hulle groot-motoriese ontwikkeling. Die BD-Land leerders is in die bevoorregte posisie dat hierdie aktiwiteit ingesluit is by hulle skoolfooie.Die rol van spel is van kardinale belang vir ons leerders se sosiale interaksie, sowel as fisiese ontwikkeling. Ons moedig die leerders aan om alles onafhanklik te doen, sodoende ontwikkel hulle ‘n positiewe selfbeeld en dit is ons doel om onafhanklikheid, selfvertroue en selfstandigheid aan te moedig. Ons lê klem op sosiale vaardighede wat etiket, vriendskap, bedagsaamheid, empatie, mededeelsaamheid, hulpvaardigheid en regverdigheid insluit. Hierdie basiese vaardighede maak dit vir ons leerders moontlik om hul Gr. RR-jaar ten volle te geniet.

Hier by BD Land streef ons na die volgende doelwitte :

​

  • Om te leer hoe om God lief te hê en die skepping te waardeer.

  • Om die leerder se geluk, sowel as ‘n positiewe belewing van ‘n skoolomgewing te vestig.

  • Aanleer van ‘n vaste roetine en dissipline.

  • Ontwikkeling van groot-en klein-motoriese vaardighede.

  • ‘n Holistiese benadering word gevolg met verwysing na sosiale-, emosionele-, kognitiewe en fisiese ontwikkeling van die leerder.

​

Ons vertrou dat u, sowel as u kind, aktief betrokke sal wees by die aktiwiteite en geleenthede wat die skool bied en dat dit ‘n genotvolle jaar saam met ons sal wees.

​

Vriendelike groete

BD Land personeel

OUR PROUD SPONSORS

image.png
image.png
Contact Information

 

Tel: +27(0)28 424 1334 | admin@lbps.co.za

​Street Address: Buitekant Street, Bredasdorp, 7280 | Postal Address: P.O. Box 160, Bredasdorp, 7280

 

Banking Details:

Bredasdorp Primary, STANDARD BANK, Nr: 083368221

Type: Business Current Account, Code: 051001​

© 2026 by LAERSKOOL BREDASDORP PRIMARY

Proudly created by Laerskool Bredasdorp Primary

bottom of page