top of page

Enrichment Centre

Die verskillende terapeute, betrokke by die verrykingsentrum, lewer ’n baie groot bydrae om ’n verskil in ons leerders se lewens te maak.  Leerders word  gereeld onttrek vir arbeidsterapie, didaktiese hulpverlening, remediëring, ens.

 

Me. Ruané van Dyk, arbeidsterapeut, is opgelei om leerders met verskeie probleme te help.  Sy bied hulp en ondersteuning ten opsigte van ADHD, gedragsprobleme, perseptuele uitvalle, skolastiese probleme, ontwikkelingsagterstande, tonus, sindrome en nog baie meer.  Kontrak haar gerus indien u bekommerd is oor u kind se ontwikkeling.

 

Waardevolle ondersteuning word ook deur me. Thea Malherbe (Tale en Wiskunde), me.  An-Johlene Snyders (Taal - Grondslagfase leerders), me. Jeannette Smit (Wiskunde – Grondslagfase) en me. Helena Snyman (Tale – Intermediêre Fase)  gebied.

 

Die Gr. 4-7 leerders kry ook die geleentheid om op Dinsdag- en Woensdagmiddae ekstra klasse in die rekenaarlokaal by me. Sandra Lambrechts te ontvang.  In hierdie klasse word veral gefokus op die verbetering van leesvaardighede, bv. begripslees, spoedlees, woordeskat, spelling, ens.

 

Mnr. Rowan Minords ondersteun ook ons leerders op verskeie gebiede. 

Mr Rowan Minords

Mrs An-Johlene Snyders

Enrichment Centre

Marlene Bezuidenhout.PNG
Carolene van Jaarsveld.PNG
bottom of page