Graad 7 van 2011 Reunie (Personeel)
July 19, 2016
Laerskool Bredasdorp het hul gebruiklike reünie vir vanjaar se matrieks – 2011 se graad 7’s – op Maandag 18 Julie gehou.
Laerskool Bredasdorp het hul gebruiklike reünie vir vanjaar se matrieks – 2011 se graad 7’s – op Maandag 18 Julie gehou. In vanjaar se groep was die vorige skoolhoof se seun, die huidige skoolhoof se dogter en ook een van die leerders se graad 1-opvoeders se dogter. Almal het dit geniet om na byna 5 jaar weer by hul alma mater bymekaar te kom. Van links is mnr Johann Burger, vorige skoolhoof, mev Barbara Burger, Richard Burger, me Rolanda van der Meulen, graad 1-opvoeder, Delanie van der Meulen, Tine-Louise van Huyssteen, mnr Werner van Huyssteen, huidige skoolhoof en me Di-Maré van Huyssteen.
